'n Wurmgat is 'n hipotetiese manier om in die ruimtetyd vinniger as lig te kan reis. In die normale ruimte kan 'n mens nie vinniger as lig reis nie, maar volgens die hipotese van 'n wurmgat is daar 'n "kortpad" in die heelal. Die idee is die eerste keer in 1916 deur die Oostenrykse fisikus Ludwig Flamm geopper, en daarna weer in 1935 deur Albert Einstein en Nathan Rosen. Dit word dus ook 'n Einstein-Rosen-brug genoem. Die Engelse term "wormhole" is in 1957 deur John Wheeler geskep.
Developed by StudentB